Oor ons

Kabouter-woud Kleuterskool is ‘n kleuterskool met ‘n verskil – hier gee ons liefde, aandag en leer ons net so hard soos ons speel.

Ons storie

Die kleuterskool is in 2010 gestig deur Marelein Willers, ‘n gekwalifiseerde Grondslagfase onderwyserres. Haar sussie, Natasha Oberholster, het die bestuur oorgeneem vanaf einde 2013 en werk net so hard om die skool uniek en pragtig te maak soos dit tans is. Sy en haar man Johan Oberholster bestuur Kabouter-Woud vanaf 2017 saam as ‘n bekwame span.

Ons is ‘n privaat kleuterskool waar baba’s en kleuters vanaf 3 maande tot einde Graad R baie welkom is. Ons bied ook nasorg aan vir maatjies vanaf 3 jaar tot Graad 4. Vakansieprogramme word aangebied gedurende skoolvakansies vir kabouter maatjies asook maatjies wat nie in Kabouter-woud skool gaan nie.

Onderrigtaal

Kabouter-Woud Kleuterskool se onderrigtaal is Afrikaans maar, ons bied ook sommige lesse in Engels aan, om ons kabouter maatjies aan hierdie taal bloot te stel en gewoond te maak.

Visie

By Kabouter-woud Kleuterskool fokus ons op alle aspekte van ‘n kleuter se ontwikkeling om ons kabouter maatjies skoolgereed te kry – hier gee ons liefde, aandag en leer ons net so hard soos ons speel.

Missie

  • Daarna streef om elke kabouter by Kabouter-Woud veilig en geborge te laat voel – ‘n plek waar elke kind regtig saakmaak.
  • ‘n Omgewing skep wat oorloop van liefde, aandag en plesier.
  • Christenskap as grondslag en Afrikaans as voertaal gebruik.
  • Personeel ‘n liefde en passie het vir kinders, wat bydra tot die algehele ontwikkeling en vordering van elke kabouter maatjie.
  • Puik sorg bied sodat elke ouer sy kabouter maatjie met ‘n geruste hart aan ons kan toevertrou en weet dat hulle die nodige liefde, aandag en stimulasie sal ontvang.
  • Kabouter maatjies skoolgereed kry om ‘n trotse leerder van Laerskool Baillie Park te word.

Speelarea en diere

As deel van kinders se gesonde ontwikkeling, moet hulle daaglik buite speel en fisiese oefening inkry. Ons het ‘n pragtige speelarea geskik vir verskillende ouderdomme, asook baie diere: ‘n perd, ‘n donkie, hasies, Emu’s, swane, bokkies, hoenders en nog baie meer. Ons verskeidenheid diere help om die kabouters van kleins af te leer om diere en God se algehele skepping met liefde en respek te behandel.

×