Ons storie
Die kleuterskool is in 2010 gestig deur Marelein Willers, ‘n gekwalifiseerde Grondslagfase onderwyserres. Haar sussie, Natasha Oberholster, het die bestuur vanaf einde 2013 oorgeneem en werk net so hard om die skool uniek en pragtig te maak soos dit tans is. Sy en haar man Johan Oberholster bestuur Kabouter-Woud vanaf 2017 saam as ‘n bekwame span.
Kabouter-woud Kleuterskool is ‘n privaat kleuterskool waar baba’s en kleuters vanaf 3 maande tot einde Graad R baie welkom is. Ons bied ook nasorg aan vir maatjies vanaf 3 jaar tot Graad 4. Vakansieprogramme word aangebied gedurende skoolvakansies vir kabouter maatjies asook maatjies wat nie in Kabouter-woud skool gaan nie.
Ons leer
By Kabouterwoud is baba’s van 3 maande, Peuters, Kleuters tot en met Graad R, baie welkom, asook nasorg maatjies vanaf 3jr tot graad 4.
Ons speel
Ons het ‘n pragtige speelarea geskik vir al die verskillende ouderdomme en saam met dit het ons baie diere onder andere ‘n perd, donkie, Emu’s, swane, bokkies, hoenders en nog baie meer.
Ons groei
Ons is ‘n Kleuterskool met ‘n verskil. Ons fokus op alle aspekte van ontwikkeling vir ons maatjies. Hulle omgewing is een vol liefde en plesier.
Ons fokus op
Geloofsvorming
Fynmotoriese ontwikkeling
Ouditiewe persepsie
Grootmotoriese ontwikkeling en koördinasie
Taalontwikkeling
Wiskundige ontwikkeling
Visuele persepsie
Lewensvaardigheid
Skool tye:
Maandae tot Vrydae 06:50 tot 13:30 (Halfdag)
Maandae tot Vrydae 06:50 tot 17:30 (Voldag)
Nasorg vanaf 13:30 tot 17:00